Tuesday, 2 January 2018

Lééf sodat ander God in jou kan raak sien!

“Die regte, gewone, LEWE Marize” 

Ek sit op ‘n ou bankie. Gereed om oor te begin. Die branders breek voor my en die honde speel te heerlik hier by die see.

Dit is 2018, ons almal se jaar waar ons weer nuwejaars planne maak, sommige se planne is om geen planne te hê, ander se planne is om net te beplan, meer georganiseerd, meer gereed, meer tyd vir oefen en minder tyd vir eet. 

Dan kyk ek na die groot blou wonderwerk voor my en ek besef... my wêreld is so klein. So klein, want ek mis vir God. Ek mis my teenwoordigheid by hom. Persoonlik dink ek, ek is baie afwesig in Sy lewe. Tog weet ek Hy het my nog nie eenkeer alleen gelos nie. 
Ek is skuldig- Dikwels vind ek myself doenig met aardse dinge. Met oppervlakkige mense en tyd wat ek so mors op mense wat my nie eers lief het nie. 

Ek sit een aand in die huis, my ma (Nicolize) en my suster (Scherlize) sit by my. Ek onthou ek was raadop. Ag sommer algemene kleinighede van die wêreld wat jou so gou en so maklik vang en versmoor. 
So sit ek... moeg vir help en moeg vir omgee... Scherlize se enigste woorde aan my was. “Let it go” 
En daar verander my hele siening rondom die lewe, ek vind weer myself weg van die gejaag en weg van alles wat so oppervlakkig was en my seer gemaak het. 
“Wees net wie JY is Marize!” 
Dit is immers wat mense lief maak vir jou.

Liewe wêreld my wens vir jou vir 2018.
Mag jy “let go” en “let God”. Mag jy die JY onthou- net soos jy is. Voordat die wêreld jou kom vorm het. 
Mag jy God wees vir die arm man langsaan die pad, mag jy die barmhartige Samaritaan wees vir ander. 
Laaste...
Mag jy so VOLUIT LEEF- Dat ander vir God in jou raak sien! 

Baie liefde


Die regte egte Marize

No comments:

Post a Comment