Sal jy in die wereld, net jouself bly!? |
Dan dans ek weer sommer so in die middel van Stellenbosch se
parkeer area en ek besef hoe besonders die hart van vriende is. Ek sien hoe God
se grootheid deel uit maak van Victoria straat se grote bome en die natuur wat
vriendelik groet net om te sê dat jy veilig moet wees. Die skadu van die
menslikheid weerspieël die grootheid van God. Ek sien soveel meer in jou as
afgerammelde woorde en sinnelose gesprekke.
Liewe Mens
Jou vandag is die rede vir God se glimlag. Ek slaap soms
niks en dis nie omdat ek nie moeg is nie, dis net omdat ek te veel het om te
sê. Nou praat ek met God en dan skryf ek ook soms. En dan, elke dag vang ek my
sinne se einde en dan was dit nooit ek nie…
Die lig word helder en die werklikheid is nou deel van my
stem. Sal dit nie net so mooi wees om deel te wees van woorde wat lei na ‘n
Hemel, ‘n Huis wat gemaak is net vir jou nie... Sal jou hartklop my nie kan
deel maak van dit wat jy voel nie? Soos my vingers op die verskeie letters druk
en die woorde deel word van ‘n lee wit bladsy besef ek dat dit wat ek skryf
niks te doen het met wie ek is nie, maar wie God my gemaak het. Jy sien, ons
wil die fout gaan vind in die eenvoud van iemand en dan wil jy beter wees… Jy
wil soms net huil en ander kere lag, maar jy wil self besluit wanneer is die
regte tyd daarvoor. Dis die belangrikheid van jou koue woordelose woorde wat my
diep laat dink en dan skrik ek wakker en ek weet, ek is tevrede. Maar wat as jy
nie tevrede is nie, en as jy nie is nie, hoekom nie? Wat maak jou ongelukkig en
as ek kon sê dat ek wil luister, sal jy
regtig praat…
Dan kyk ek af na die grond, ek sien sand, klippies en
sommige glas stukkies dan besef ek ons lewe draai net rondom die glas stukkies,
want ons sien so negatief. Ons persepsie van die lewe het ons verloor in ‘n ou plaasdam.
Ons wil skoon en vars water uit deel, maar ons vergeet om
die water te filtreer en skoon te maak. Ek en jy is soms so haastig om net
klaar te maak wat ons begin het, maar het ons dan ooit begin as ons so haastig
moet eindig. Het tyd werklik so ‘n groot rol gespeel in die daaglikse soektog
na geluk. Dan vra ek myself af: “As vandag my laaste dag was, sou ek tevrede
wees…?”
My antwoord is oortuigend JA! Ek het vir jou ontmoet en dit
het my dag gemaak. Ek het ‘n foto geneem saam met jou, ja jy wat die buurtwag
is en tot 7h, die oggend, op aand diens is en dit was die hoogtepunt van my
aand. Ek het gesit op ‘n sypaadjie, ek het selfies geneem saam met ‘n goeie
vriend, roomys geëet, koffie gedrink en ek het gelag uit my maag uit vir woorde
wat eg Stellenbosch is. Ek het geskryf op ‘n klip en van voor af lief geword
vir woorde.
foreverstrong7770@gmail.com
No comments:
Post a Comment