Wednesday, 29 April 2015

My meisiekind

Afrikaanse skrywer- Marize Hayes
Dan luister ek na die woorde van herhaling en ek bewonder die wonderwerk wat vandag gebore is.  "Sy is so mooi, sy is so mooi." Tog moes sy nooit gelewe het nie. Al die ligte gaan af en my kerse die ene laventel. Ek neem kennis van innerlike liefde en 'n gevoel wat niemand sal verstaan nie. Sal ons ooit die Liefde kan verstaan... Sal ons ooit ten volle weet waaroor die lewe gaan. Lande vol van mense en planete vol wonders, maar die dag toe jy my meisiekind gebore was het ek meer verstaan as van tevore. Ek wou nie meer weet hoe die sterre tot bestaan gekom het of hoe die natuur homself kan versorg nie. Ek wou jou net lief he, want dit was vir my meer as genoeg.

Jou soene en stywe hand drukkie het my kuis gemaak in 'n kamer van eensaamheid, die dag toe jy jou ogies oop gemaak het en diep in my oe in gestaar het, het ek getwyfel of jy weet wie ek is... maar vandag weet ek dat jy weet! Letters en woorde, name en simbole...steeds geen noemnaam vir ons meisiekind! Reenboots meisie of dalk ons eie kaalvoet nooi, maar vir nou is jy ons prinses met natuurlike skoonheid opgetooi.

Ek onthou jou dimpels as jy glimlag en jou diep oe wat jong stories met my wou deel. Dan luister ek, en al wat ek hoor is die taal van jou onbekende woorde, ag ek noem dit sommer jou kinder taal. Ek wou vele kere net lag vir jou besonderse soete stem, so suiwer kind en tale van ons gegeurde wind.


No comments:

Post a Comment