Afrikaanse skrywer- Marize Hayes |
Dan sien ek die donker kringe waarmee jou oe praat. Die min hare wat vir my reeds ietsie van jou se. Ek luister na die diep gesprekke wat jy wil deel, maar jou woorde is niks minder as stof. Min nog meer sal my liefde kan terug staan vir jou gebroke mense taal.
Liefste vrou
Ek bewonder jou. Ek kyk op na jou seer en ongemak. Ek voel my vroulikheid word deel van jou en dan, dan is ons sinne wat in tale vertolk word en ewe skielik is ek in kontak met jou. Met jou emosies. Jy voel minder as niks en jy wil net vasgehou, lief gehe en waardeer word. Niemand mag 'n skewe woord praat nie en jy wil stil wees en nie baie praat nie. Jy wil jouself gaan vind en nuut, alles oor begin. Jou eie bladsy, skoon met kleurvolle penne inkleur en iets skets wat net jy sal verstaan, want jy voel leeg en hoop was al lankal buite jou woordeskat.
Sal jy met jou kanker glimlag weer vrede in my hart kom spreek en sal jy weer 'n pasient van liefde kan wees. Sal jou menswees weer heel kan word en sal jy lag, net om die lewe 'n tweede kans te gee... My kanker liefdes vrou, sal jy omgee as ek vra dat jou woorde nie so min moet raak en sal jy "okay" wees daarmee as ek se, dat ek jou hart bewonder en innerlik diep vir altyd lief sal he.
Tot dan hoop ek jy word heel, stukkie vir stukkie van binne, sodat jou glimlag my weer stories van lank lank gelede kan vertel...
No comments:
Post a Comment