Tuesday, 12 January 2016

en ek wonder, wat is ons werd...



Nuwe dag, nuwe dinge, nuwe eindes en beginne.. Nuwe mense, nuwe lewe, nuwe harte en nuwe gebeure.
Vandag is ‘n goeie dag. ‘n dag van son, see, sand en liefde…natuurlike altyd liefde, Sonneblom liefde, koffie liefde en gewone liefde…Die regte liefde, God se liefde.
Die golwe breek deur die donker sterk rotse en sonder enige twyfel hoor ek die roepstem van die innerlike menswees van my bestaan, en ek weet van vooraf het ek myself weer gevind sonder ‘n soektog. ‘n Kompas vasgepen aan my hart en ‘n borrelende vreugdes glimlag asof vandag my gemoed goed doen. Ek dink dit doen, ‘n wegbreek plek, ‘n stroomende geur van branders wat breek, golwe wat lief is vir die water en ons God se skoonheid kan waardeer. Hoe kosbaar sonder enige emosie. Diep donker blou . Dis al wat ek sien. Al wat ek wil hoor, die diepte van die mens se innerlike skoonheid. Die lewenslustige liefde vir Liefde. Dis al, net dit niks meer nie.
Hierdie liefde is anders as al die ander. Ek hoor liewe Jesus se karakter…Ek is dankbaar, baie dankbaar!

So liewe mens

Ons is so bevooreg om deel te kan wees van hierdie WONDER wereld met al hierdie amazing dinge. Al hierdie wonder weet liefde, Ons is so geneig om terug te hou en eder verlief te wees op wat die wereld vir ons wil he.
Die knersende somer son bak sy smeulende soene op my brons lyf. Ek wonder wat is ons werd en wat is ons waardes. Hoe groot is ons God. Hoe diep is Sy onvoorwaardelike liefde. Ek voel so veilig en rustig hier. EK dink ek is verlief op die geluide van die groot swembad. Die skoonheid daarvan, die Godelikheid, die verstomende stilte wat dit vir my hart bied. Ek is verlief op die plek, en steeds is alles net aan ons geleen. Dis aarde tyd, dis min tyd maar die mooiste tyd!


Hier is ‘n tikkie menslikheid en ‘n see vol van onverdiende genade. Sjoe, ons kan so bly wees hieroor. Oor die liefde wat Hy vir ons bied, want in ons menswees kan alles in ‘n oogwink verander. Die storms word sterker en deur dit alles word ons as mens minder en God al hoe meer. Ons word meer soos Hy. Ons word verlief op hoe Hy dinge sou doen. Sien, alles was vir Hom goed, en jy..Baie goed.

No comments:

Post a Comment