Tuesday, 12 January 2016

Tyd twyfel nie

Skrywer- Marize Hayes
Aan die gewone mense,  die diep denkers, die oppervlakkige wesens en die mense wat "yolo" lewe...

Tyd is mooi. En met dit sê ek tyd is liefde, dis omgee, dis om hoop te gee wat jou jonk laat voel,  wat jou help om tuis te voel. Ek en jy is deel van 'n groter prentjie liefde. Jy sien, die oomblik as jy iemand vind wat liefde bied is jou hart gelukkig. Ek wens dit vir almal toe. Net liefde wat jou uit die donker lei. Die Liefde wat onvoorwaardelik leef vir jou. Jy self ken die dieper "jy" sonder enige woorde. Jy weet wat jou hart wil hê, maar iewers tussen deur al die nuwe mense, die versoekings en die nuwe seisoene verdwaal jy soms in die rowwe wêreld en dan voel jy deurmekaar en verward. My menswees is eenvoudig... en dan, dan soos die warm son my  weer terug ruk realiteit toe bly die tyd min. Sekondes vlieg en erens tussen hier en nêrens word my asem minder en my gesig ouer. Wat as ek anders was, wat as jy anders was..wat as! 

En dan hoor ek die oggend roep en steeds is tyd min. As is net verbrand en dit maak seer. Hierdie keer is dit nie net verbrande hout nie, ek wens dit kon wees. 

So, aan die gewone mense, die diep denkers, die oppervlakkige wesens en die mense wat "yolo" lewe. Tyd is nie jou vyand nie,  jy self is. Tyd is nie jou nuwe maatjie nie, dis 'n onverwagste nuwe liefde. Tyd is onvoorwaardelik lief sonder voorgee. Tyd twyfel nie, maar vertrou. Tyd dink nie baie nie, maar doen meer as die normale. Tyd verg moeite en terselfde tyd opoffering. Tyd is soos die wind, jy sien die aksie maar nooit die emosie. 

Die hart van tyd is om mekaar lief te hê ten spyte van...

No comments:

Post a Comment