Monday, 16 November 2015

LIEFDE SONDER VELKLEUR


Terwyl die son water trek en die nuwe seisoen se blare begin blom, groen op die takke van die groot akker boom, weet ek dat die son weer sal terugkeer na 'n warm uitputtende straalsterkte dag. Die Jakaranda blomme word sag deel van die Voortrekker laan en dan, dan sien ek hoe die menslikheid, een vir een die spesialiteit van elke blaar vertrap, seer maak en verkleinerend agter laat...
Ek hoor die stemme van die daaglikse rasisme en ek wonder..."Wie is jy om te oordeel meneer, wie is jy om met jou seer maak woorde en groot swart skoene die land so skade te doen, Wie is jy om my so op en af te kyk, om my so min te ag... en liewe meneer, wie is jy om die klein swart kinders so eenkant toe te skuif..."

Die woede word stil in my kop en ek weet daar is 'n rede vir dit alles, ons loop koppe na onder en skouers gesak, ons is te bang om op te kyk na die man of vrou wat dalk vir ons sal lag. Ons harte is op die verkeerde plek en daarom sal ek getuig dat God inniglik mooi met my kom werk. Daagliks kyk ek hoe die verkiesing ewe skielik vir almal weer tydelike inkoop geluk bring. Elke party kyk hoe goed hulle die sogenaamde omgee kan oordra en ek sit in my studeerkamer en ek wonder, hoe selfsugtig is die wereld nie... Jy wil wen, maar jy doen dit vir redes ver bo my vermoe. Jy kniel voor 'n God en bely jou sonde maar jy hou nie om met jou sondige leefstyl nie. 

My liewe bruin, wit, swart of enige kleur mens wat ek ken...

Ek is nie kwaad vir die verlede nie, ek is nie teleurgesteld in jou doen en late voor 1994 nie... JA, jy is reg ek het nie 'n idee hoe erg dit moes wees nie, want ek is 'n demokratiese baba. Ek is nie bang vir die verlede nie, ek is nie hartseer of bly daaroor nie, WANT ek is net 19 en my drome is soveel meer as om te dwaal in die verlede..

Dewald Wassefall sing in sy bekende Afrikaanse lied, Gebore om te lewe, die volgende
"Ons is gebore om te lewe
Met 'n reg om te bestaan
Te droom en te vergewe
Maar ons het langs die pad verdwaal"
Ek het geen behoefte daaraan om jou te oordeel oor jou verlede nie, maar asseblief my enigste vraag is.. "Verstaan asseblief dat ek nie jou treur gesig wil sien terwyl ek opstaan elke oggend om jou lewe te verander nie,"Ek wil jou lief he ten spyte van jou velkleur, terspyte van jou verlede.." 

Die Jakaranda blom weer die soetste pers en my hart is weer heel. Die natuur se skoonheid is so mooi en suiwer deel van die groter dorp. Die voortrekker straat is nou net Swellendam se hoofstraat en ek is so dankbaar vir vandag,..







Tuesday, 27 October 2015

Vandag 'n nuwe seisoen

Vandag is 'n nuwe siesoen vol van vars beminde blommetjies en bome se stompe wat deur die jare se seisoene steeds staande bly. Vandag is 'n goeie dag.

Skrywer: Marize Hayes


Ek sien weer gevlegte strooi hoedens, chirpende vlerkies en sonneblomme se gesiggies wat stadig maar seker draai. Die wasbleek baba blou lug staar in die verte in en die bome blom weer van die groen blare. In die middel van die gekleurde blomme tuin staan 'n verouderde jong tannie, besig om die water van die lewe oor die donker bruin, amper swart grond te gooi. Sy trek dan haar handskoene uit en streel saggies oor die varkblom se blaar. Dan glimlag sy tevrede en gaan maak vir haar 'n koppie tee met dieselfde hande wat al reeds rykdom gevoel het en armoede groot gemaak het.  Dan bewonder ek weer die skoenlapper se soene taal wat net verby vlieg en dan op 'n geel eenvoudige blommetjie gaan sit, sy wit arendse vlerke wapper en dan weer gou vlieg na die volgende soetssoenblom.

Jy sien, ek bewonder elke dag se skoonheid en reinheid so in die midde van die wonderwerker se drome. Dan sien ek die groot besigheidsman en die wereld word eweskielik net weer mens.
Die wiele los 'n streep net na die stopstraat bordjie en die geld val so wisselvallig op elke kras woord wat verkeerd was. Die belangrikheid van ons Liefde word soos Romeo en Juliet op verkeerde besluite gebasseer. Ons mis die punt van die intieme en diep geloof wat binne ons reeds is. Ons verkoop ons glimlagte asof dit in 1780 gemaak is, maar ons gemoed leef ons asof ons reeds fosiele is.

Ons raak te gou te vinnig vasgevang in wat mense se doen en late ons gee om te wees. Ek leer vandag meer van myself as wat ek vir ander kan leer.
Ons lewens is in kontras met wie ons se ons is...

Wees net jouself, want teen die einde is ons geliefd deur die wat jou wil lief he. Ons is gevorm om te groei en te leer uit die negatiewe en die positiewe.
Elke dag gee vir jou die geleentheid om na God toe te draai, nie soos jy moet wees nie, maar net soos wat jy is... want niemand is soos hul moet wees nie.

"I dare you to trust that I love you, just as you are."

Vandag se blommekind is deel van vandag se seisoen. Waardeer mekaar, sien die bloeisels en ruik die vars geur van die groen nuwe sukspens aan die verouderde boom.
en Onthou :

Jy is die lewe in iemand se dag vandag. Jy is hier vir 'n rede!
Geniet vandag

Tuesday, 6 October 2015

Life after Love

Writer- Marize Hayes


What is right and what is wrong, Is it okay to cry or do I have to be strong?
When will the light be bright again or will the darkness be a forever stain...
I am in love with the dictionary world
The day rose and the sun blocked my way to heaven
There were trees and boiling water running from the top of the mountain to the water sanctuary..
Will I ever be thankful enough
I sat down at the end of the road watching my life passing my dreams and running around for mankind.
There is truth in silence
Beauty in time
and
a God in my life.

I stared at the open window wondering and believing that God will make a way if it is His will.
So much people ask so many questions and I'm tired of explaining. I'm tapped out, there is no more where I come from, There is only where God wants me to go. 

God's plan is my journey, but not even halve of it. God's plan is determination, belief, trust, loyalty, grace, forgiveness, treasure, acceptance, courageous and mighty.

You see, I firmly believe that life is not a game range, we are not here to just enjoy the view, we are here to love and look after the view.   We must be obedient and for-fill with everlasting living water.
As much as you give, you must force yourself to drink some as well,  because in the end it's not your decision what happens next but you do have a choice to do what is right or what is wrong. 

So then...

God took my hand, held it firmly, staring into the deep deep blue skies, "You are worthy of it all,
you are good enough, you are capable of changing lives, you are my gift to this world and I love you"
So Jesus died on the cross and I just a simple little child crying at His feet...
I wondered If I would ever see Him again because I new He would never give up on us. 

"For God loved the world so much that He gave His only son...."

God awakened my soul, He made me fall in love with His unconditional eternal renewal  LOVE. SO it is true, there is such thing as the perfect Love, You just have to fall in love with Him first.

So as I sit at the end of the road, throwing stones in to the water of life, watching my life pass by, God stood right next to me, he pulled my up and encouraged me to never stop walking, "TO NEVER GIVE UP" because there is life after Love!

There is truth in being humble, there is beauty in imperfection, there is love in laughter and there is a God who walks with me every single day.



Do not let fear make you doubt in who you are: 
What if I fall? "Owh but my darling what if you FLY.."

Tuesday, 8 September 2015

Dearest Mom "In loving memory of Mrs Patel"

Today, I wrote a letter in emotion of a dearest friend who's mother past away...
In memory of Mrs. Patel a legend!

Mrs Patel and her Daughter Mishka


Dearest Mom

From day one I loved you. As I saw the sparkle you had in your eyes when I was born, I couldn't help but to LOVE the most beautiful person in the world. You helped me with everything I've done and you learned me to appreciate what I have. We laugh together, we cry together...Together we are in love forever. Mom, there was times that I cried when we fought, but together with my tears you always learned me something about life. God gave me a inspiration of beauty, perfection and being a Queen the day when He gave me you. 

You are and will always be my Queen of hope and grace. 
Mom, you learned me to fight fearless with dignity and compassion. You made me who I am today. 
You gave me something that no money, gold or anyone could ever give me...You gave me the opportunity to conquer anything I want to. You believed in me every step of the way and you always supported my choices. 

Today
I'm lost in tears but still strong in God's word. You lightened my word with all the colors  of the rainbow. You ARE the shiniest and greatest star in heaven tonight. From now on, you live in peace without any world fear. You are probably dancing with the Great and singing with the angels of God's wonder choir. 

We are deeply and to the most utterly emotion torn inside, but I'll treasure all of our beautiful moments together FOREVER.

and mom
Thank you for always believing in my wildest dreams, thank you for fighting and learning me to reach me dreams, THANK YOU MOM for being the most beautiful person I have ever seen.

I will never forget you

All my love


Monday, 7 September 2015

Die Pottebakker se genade

Skrywer: Marize Hayes

Hierdie is my hart...

"You are loved."
"You are born out of Love."
"You are created because of love."
"You are perfect because Love, loved you."
"You are loved, because His Love will NEVER FAIL you."
"YOU ARE LOVED!"

Genade is vir God alleen om te gebruik. Genade het my vry gemaak van mense. Genade is meer as net lewe of dood. God se genade is SYNE! 

Ek luister baie hoe mense gesels oor God se genade, Dan wonder ek, waarom dan net God se genade oor sekere mense...Die norm is ons mag nooit vrae vra nie, want dan skep ons twyfel in 'n ongelowige se hart. 


-Jy wens altyd dat dinge anders was. Jy onthou net dit wat jy wil onthou en vergeet wat onbelangrike wonders al in jou lewe beteken het. Ons kan praat en sing en baie lag. Dit is die warm gevoel woorde wat my iewers terug vat na dit wat ek net nie kan vergeet nie, na dit wat my lewe deel gemaak het van God se Liefde. Jy is invloedryk aan aanvaarding, maar jy vergeet om eder invloedryk te wees aan Jesus se stem. Ek sien jou liefde wat jy het, ek ervaar jou diepte en soms dan wil ek net nog meer saam met jou lag. 
Dan wonder ek oor genade...Hoe lank nog hier op aarde...U goedheid is so groot Vader...Is dit nog dae, maande of jare...Twyfel ek of is en net opreg onseker...Is dit vir die beste, goed of die beter...

Monday, 6 July 2015

VANDAG IS ANDERS

Skrywer Marize Hayes

Dit was 'n sonskyn dag en iewers tussen kamera's en wit lappe het ek myself weer gevind in die stilte van elke glimlag. Ek wou nog altyd staar in die diepte  en weet dis deel van die groter prentjie. Ek wou nog altyd glo dat eendag vandag is en dat more my nie mag terug hou nie. Ek is stil en vertrou dat God my verstaan maar steeds... Vandag is anders. Vandag is iets waaroor ek wonder en ek wens jy kon verstaan hoe ek voel. Ek wens jy kon glo dat jy goed genoeg is. Dan proe ek die bitter swart koffie en ek weet Vandag is slegs dag 1. Ek luister na die groet stem van 'n vreemdeling en ek hoor die hello van iemand wat nooit weer my vertroue sal wen nie. Sal die heelal ooit tevrede wees met wie ek VANDAG is.  Sal nommers ALTYD ouer word en sal die wind my weer kom haal en veilig vat na die mense wat my verstaan. Ek sit en drink nou my koppie koffie en ek staar inverwondering na gelowiges so klein gelowig. Die wete dat ek ook soms bang is, bang vir opgee dat ek dit eder nooit doen nie. Ek hou so maklik vas aan wat kan wees dat ek eder my blind hou vir God se plan. Ek wonder te veel oor ander se drome dat ek my eie menswees prys gee. Ek is nie volmaak nie, maar ek strewe na meer as net "As ek eendag oud is" .

"GOD HET MY NIE GEROEP OM IN TE PAS NIE!"
Agter elke toe deur elke aand is daar woorde wat vlieg, soos die van skinder liefhebbers, soos die van die nagmaal, soos die van die tronk tralies en dan soos die van Die Bybel. God sal altyd verstaan ten spyte van jou trane, ten spyte van jou woorde wat min word en jou pienk wangetjies wat jammer voel vir wie jy is. Ten spyte van elke dag se wit leuntjie SAL GOD VANDAG DAAR WEES, Hy is altyd daar. Ek bly tog net mens en my stories verlore tussen die huisloses en die kastele. 


VANDAG is my huislose dag tussen die kastele van my God se Koninkryk. Hoe sal jy ooit verstaan wat ek verduidelik as my woorde so teen die grens van armoede le. Dit alles raak minder, en dan raak God se liefde meer as genoeg om te verstaan waarom my woordeboek nog nooit stil geword het nie. God gee om of dit goed gaan en of dit vandag voel soos jou laaste, of jy hartseer of baie bly is, God gee altyd om.

Jy is nie net nog 'n mens in VANDAG se leefstyl nie. Jy is waardevol en vandag se kind. Jou Konings glimlag is goed genoeg om VANDAG te verander. Wees jouself en weet jou hart is God se huis.

Monday, 22 June 2015

Forever VICTORIOUS

Writer- Marize Hayes



As I sat down and stared at the fairly virtue of you I realized you are precious.
You are as beautiful as you think you are, as wise as you know you are and as honest as your face can tell me. So then I looked at the mask you wear and I worried... Why are you so independent though so scared. You want to be the best you can be but you are afraid to be the real you.
You see, you can be as perfect as the sun or as bright as the moon but to be Victorious until eternity you have to believe in Love. Love that is unfailing, forever and FREE!

You are VICTORIOUS! You are powerful beyond measure! You are capable of  shining like a diamond and being an example of LIVING FEARLESS!

Look at yourself. Look in the mirror and you'll find a sparkle so utterly courageous. You were meant to be EXTRAORDINARY! You are not just someone, you are capable of being the best YOU and you have to believe it.
I can write and talk and tell BUT the choice is yours if you want to listen and TRUST that you are a phenomenal WOMAN!

Tell yourself that you are worthy of so much more,
You are loved, you are special and YOU ARE MEANT TO BE FOREVER VICTORIOUS. 
Now don't you forget that!

-Yours faithfully

Limitless Lifebook writer

 "For it's not the mountains or the oceans we have to conquer, it is indeed ourselves.