Tuesday, 12 July 2016
Thursday, 18 February 2016
Genade -
"Ons het dit al voorheen verstaan,
en ons weet waar kom Hy vandaan.
Ons vlug vir mekaar se woorde en wil nie hoor wat Hy wil sê nie.
Jy is 'n ligdraer, helder in die donkerte.
Jou hart is mooi, my herder kind, jou visie is ver en jou voete reg om te gaan leef.
Ons is God se ligdraers,
Hy ken jou hart en ek vertrou dat Hy weet.
God vertrou ons, met Sy liefde, met Sy hoop,
met Sy genade en met Sy naam. Ons is sondaer kinders, n tweede maal n derde maal...
Verlos, gee God vir ons 'n tweede kans.
Laat los my kind, maak klaar met jou sonde.
Jy is vry, vry om te leef met Hom aan jou sy.
Vry om te glo dat God nou vir ewig bly. God weet wat ons dink, Hy verstaan waar deur ons gaan en ek het soveel vrede.. want God het nooit opgegee nie. Vrees is sinneloos in God se wêreld .
Aarde tyd is ons tyd, geleen. Aarde tyd is visie tyd met Gods kaartwerk, aarde tyd is genade tyd.
God se tyd vir jou, vir my, vir ons is Sy tyd wat alle verstand te bowe sal gaan.
Hy weet terwyl ons dink, Hy vertrou terwyl ons twyfel.
My Vader, U liefde is so gegrond in eenvoud, so standvastig in hervorming.
Gaan getuig, kom getuig, wees Sy getuie. Vind rus in Sy tyd. Vind Sy kompas en vertrou dat jy by Jesus sal uitkom. Ons is hier om by mekaar te leer, te ondersteun en te verdra.
Ons moet die Here toelaat om deur ons te werk en mekaar seën met Goddelike liefde. Dis dan wanneer ons harte oopgaan en bereid is om te gaan. Gaan... In God se voetspore. Wees gehoorsaam en luister. Breek jouself om vir God te bou, die mooiste hoekpilaar van Sy paleis.
Heilige gees, vul my met drome van ons Vader, met hoop vir die Aarde en maak my vol van Goddelike genade."

Tuesday, 12 January 2016
en ek wonder, wat is ons werd...
![]() |
Nuwe dag, nuwe dinge, nuwe eindes
en beginne.. Nuwe mense, nuwe lewe, nuwe harte en nuwe gebeure.
Vandag is ‘n goeie dag. ‘n dag van son, see, sand en liefde…natuurlike altyd liefde, Sonneblom liefde, koffie liefde en gewone liefde…Die regte liefde, God se liefde.
Die golwe breek deur die donker
sterk rotse en sonder enige twyfel hoor ek die roepstem van die innerlike
menswees van my bestaan, en ek weet van vooraf het ek myself weer gevind sonder
‘n soektog. ‘n Kompas vasgepen aan my hart en ‘n borrelende vreugdes glimlag
asof vandag my gemoed goed doen. Ek dink dit doen, ‘n wegbreek plek, ‘n stroomende
geur van branders wat breek, golwe wat lief is vir die water en ons God se
skoonheid kan waardeer. Hoe kosbaar sonder enige emosie. Diep donker blou . Dis
al wat ek sien. Al wat ek wil hoor, die diepte van die mens se innerlike
skoonheid. Die lewenslustige liefde vir Liefde. Dis al, net dit niks meer nie.
Hierdie liefde is anders as al die
ander. Ek hoor liewe Jesus se karakter…Ek is dankbaar,
baie dankbaar!
So liewe mens
Ons is so bevooreg om deel te kan
wees van hierdie WONDER wereld met al hierdie amazing dinge. Al hierdie wonder
weet liefde, Ons is so geneig om terug te hou en eder verlief te wees op wat
die wereld vir ons wil he.
Die knersende somer son bak sy
smeulende soene op my brons lyf. Ek wonder wat is ons werd en wat is ons
waardes. Hoe groot is ons God. Hoe diep is Sy onvoorwaardelike liefde. Ek voel
so veilig en rustig hier. EK dink ek is verlief op die geluide van die groot
swembad. Die skoonheid daarvan, die Godelikheid, die verstomende stilte wat dit
vir my hart bied. Ek is verlief op die plek, en steeds is alles net aan ons
geleen. Dis aarde tyd, dis min tyd maar die mooiste tyd!
Hier is ‘n tikkie menslikheid en ‘n
see vol van onverdiende genade. Sjoe, ons kan so bly wees hieroor. Oor die
liefde wat Hy vir ons bied, want in ons menswees kan alles in ‘n oogwink
verander. Die storms word sterker en deur dit alles word ons as mens minder en
God al hoe meer. Ons word meer soos Hy. Ons word verlief op hoe Hy dinge sou
doen. Sien, alles was vir Hom goed, en jy..Baie goed.
Tyd twyfel nie
![]() |
| Skrywer- Marize Hayes |
Tyd is mooi. En met dit sê ek tyd is liefde, dis omgee, dis om hoop te gee wat jou jonk laat voel, wat jou help om tuis te voel. Ek en jy is deel van 'n groter prentjie liefde. Jy sien, die oomblik as jy iemand vind wat liefde bied is jou hart gelukkig. Ek wens dit vir almal toe. Net liefde wat jou uit die donker lei. Die Liefde wat onvoorwaardelik leef vir jou. Jy self ken die dieper "jy" sonder enige woorde. Jy weet wat jou hart wil hê, maar iewers tussen deur al die nuwe mense, die versoekings en die nuwe seisoene verdwaal jy soms in die rowwe wêreld en dan voel jy deurmekaar en verward. My menswees is eenvoudig... en dan, dan soos die warm son my weer terug ruk realiteit toe bly die tyd min. Sekondes vlieg en erens tussen hier en nêrens word my asem minder en my gesig ouer. Wat as ek anders was, wat as jy anders was..wat as!
En dan hoor ek die oggend roep en steeds is tyd min. As is net verbrand en dit maak seer. Hierdie keer is dit nie net verbrande hout nie, ek wens dit kon wees.
So, aan die gewone mense, die diep denkers, die oppervlakkige wesens en die mense wat "yolo" lewe. Tyd is nie jou vyand nie, jy self is. Tyd is nie jou nuwe maatjie nie, dis 'n onverwagste nuwe liefde. Tyd is onvoorwaardelik lief sonder voorgee. Tyd twyfel nie, maar vertrou. Tyd dink nie baie nie, maar doen meer as die normale. Tyd verg moeite en terselfde tyd opoffering. Tyd is soos die wind, jy sien die aksie maar nooit die emosie.
Die hart van tyd is om mekaar lief te hê ten spyte van...
Monday, 16 November 2015
LIEFDE SONDER VELKLEUR
![]() |
Terwyl die son water trek en die nuwe seisoen se blare begin blom, groen op die takke van die groot akker boom, weet ek dat die son weer sal terugkeer na 'n warm uitputtende straalsterkte dag. Die Jakaranda blomme word sag deel van die Voortrekker laan en dan, dan sien ek hoe die menslikheid, een vir een die spesialiteit van elke blaar vertrap, seer maak en verkleinerend agter laat...
Ek hoor die stemme van die daaglikse rasisme en ek wonder..."Wie is jy om te oordeel meneer, wie is jy om met jou seer maak woorde en groot swart skoene die land so skade te doen, Wie is jy om my so op en af te kyk, om my so min te ag... en liewe meneer, wie is jy om die klein swart kinders so eenkant toe te skuif..."
Die woede word stil in my kop en ek weet daar is 'n rede vir dit alles, ons loop koppe na onder en skouers gesak, ons is te bang om op te kyk na die man of vrou wat dalk vir ons sal lag. Ons harte is op die verkeerde plek en daarom sal ek getuig dat God inniglik mooi met my kom werk. Daagliks kyk ek hoe die verkiesing ewe skielik vir almal weer tydelike inkoop geluk bring. Elke party kyk hoe goed hulle die sogenaamde omgee kan oordra en ek sit in my studeerkamer en ek wonder, hoe selfsugtig is die wereld nie... Jy wil wen, maar jy doen dit vir redes ver bo my vermoe. Jy kniel voor 'n God en bely jou sonde maar jy hou nie om met jou sondige leefstyl nie.
My liewe bruin, wit, swart of enige kleur mens wat ek ken...
Ek is nie kwaad vir die verlede nie, ek is nie teleurgesteld in jou doen en late voor 1994 nie... JA, jy is reg ek het nie 'n idee hoe erg dit moes wees nie, want ek is 'n demokratiese baba. Ek is nie bang vir die verlede nie, ek is nie hartseer of bly daaroor nie, WANT ek is net 19 en my drome is soveel meer as om te dwaal in die verlede..
Dewald Wassefall sing in sy bekende Afrikaanse lied, Gebore om te lewe, die volgende
"Ons is gebore om te lewe
Met 'n reg om te bestaan
Te droom en te vergewe
Maar ons het langs die pad verdwaal"
Met 'n reg om te bestaan
Te droom en te vergewe
Maar ons het langs die pad verdwaal"
Ek het geen behoefte daaraan om jou te oordeel oor jou verlede nie, maar asseblief my enigste vraag is.. "Verstaan asseblief dat ek nie jou treur gesig wil sien terwyl ek opstaan elke oggend om jou lewe te verander nie,"Ek wil jou lief he ten spyte van jou velkleur, terspyte van jou verlede.."
Die Jakaranda blom weer die soetste pers en my hart is weer heel. Die natuur se skoonheid is so mooi en suiwer deel van die groter dorp. Die voortrekker straat is nou net Swellendam se hoofstraat en ek is so dankbaar vir vandag,..
Tuesday, 27 October 2015
Vandag 'n nuwe seisoen
Vandag is 'n nuwe siesoen vol van vars beminde blommetjies en bome se stompe wat deur die jare se seisoene steeds staande bly. Vandag is 'n goeie dag.
Ek sien weer gevlegte strooi hoedens, chirpende vlerkies en sonneblomme se gesiggies wat stadig maar seker draai. Die wasbleek baba blou lug staar in die verte in en die bome blom weer van die groen blare. In die middel van die gekleurde blomme tuin staan 'n verouderde jong tannie, besig om die water van die lewe oor die donker bruin, amper swart grond te gooi. Sy trek dan haar handskoene uit en streel saggies oor die varkblom se blaar. Dan glimlag sy tevrede en gaan maak vir haar 'n koppie tee met dieselfde hande wat al reeds rykdom gevoel het en armoede groot gemaak het. Dan bewonder ek weer die skoenlapper se soene taal wat net verby vlieg en dan op 'n geel eenvoudige blommetjie gaan sit, sy wit arendse vlerke wapper en dan weer gou vlieg na die volgende soetssoenblom.
Jy sien, ek bewonder elke dag se skoonheid en reinheid so in die midde van die wonderwerker se drome. Dan sien ek die groot besigheidsman en die wereld word eweskielik net weer mens.
Die wiele los 'n streep net na die stopstraat bordjie en die geld val so wisselvallig op elke kras woord wat verkeerd was. Die belangrikheid van ons Liefde word soos Romeo en Juliet op verkeerde besluite gebasseer. Ons mis die punt van die intieme en diep geloof wat binne ons reeds is. Ons verkoop ons glimlagte asof dit in 1780 gemaak is, maar ons gemoed leef ons asof ons reeds fosiele is.
Ons raak te gou te vinnig vasgevang in wat mense se doen en late ons gee om te wees. Ek leer vandag meer van myself as wat ek vir ander kan leer.
Ons lewens is in kontras met wie ons se ons is...
Wees net jouself, want teen die einde is ons geliefd deur die wat jou wil lief he. Ons is gevorm om te groei en te leer uit die negatiewe en die positiewe.
Elke dag gee vir jou die geleentheid om na God toe te draai, nie soos jy moet wees nie, maar net soos wat jy is... want niemand is soos hul moet wees nie.
"I dare you to trust that I love you, just as you are."
Vandag se blommekind is deel van vandag se seisoen. Waardeer mekaar, sien die bloeisels en ruik die vars geur van die groen nuwe sukspens aan die verouderde boom.
en Onthou :
Jy is die lewe in iemand se dag vandag. Jy is hier vir 'n rede!
Geniet vandag
![]() |
| Skrywer: Marize Hayes |

Tuesday, 6 October 2015
Life after Love
![]() |
| Writer- Marize Hayes |
What is right and what is wrong, Is it okay to cry or do I have to be strong?
When will the light be bright again or will the darkness be a forever stain...
I am in love with the dictionary world
The day rose and the sun blocked my way to heaven
There were trees and boiling water running from the top of the mountain to the water sanctuary..
Will I ever be thankful enough
I sat down at the end of the road watching my life passing my dreams and running around for mankind.
There is truth in silence
Beauty in time
and
a God in my life.
I stared at the open window wondering and believing that God will make a way if it is His will.
So much people ask so many questions and I'm tired of explaining. I'm tapped out, there is no more where I come from, There is only where God wants me to go.
God's plan is my journey, but not even halve of it. God's plan is determination, belief, trust, loyalty, grace, forgiveness, treasure, acceptance, courageous and mighty.
You see, I firmly believe that life is not a game range, we are not here to just enjoy the view, we are here to love and look after the view. We must be obedient and for-fill with everlasting living water.
As much as you give, you must force yourself to drink some as well, because in the end it's not your decision what happens next but you do have a choice to do what is right or what is wrong.
So then...
God took my hand, held it firmly, staring into the deep deep blue skies, "You are worthy of it all,
you are good enough, you are capable of changing lives, you are my gift to this world and I love you"
So Jesus died on the cross and I just a simple little child crying at His feet...
I wondered If I would ever see Him again because I new He would never give up on us.
"For God loved the world so much that He gave His only son...."
God awakened my soul, He made me fall in love with His unconditional eternal renewal LOVE. SO it is true, there is such thing as the perfect Love, You just have to fall in love with Him first.
So as I sit at the end of the road, throwing stones in to the water of life, watching my life pass by, God stood right next to me, he pulled my up and encouraged me to never stop walking, "TO NEVER GIVE UP" because there is life after Love!
There is truth in being humble, there is beauty in imperfection, there is love in laughter and there is a God who walks with me every single day.
Do not let fear make you doubt in who you are:
What if I fall? "Owh but my darling what if you FLY.."
Subscribe to:
Posts (Atom)