Wednesday, 29 April 2015

My meisiekind

Afrikaanse skrywer- Marize Hayes
Dan luister ek na die woorde van herhaling en ek bewonder die wonderwerk wat vandag gebore is.  "Sy is so mooi, sy is so mooi." Tog moes sy nooit gelewe het nie. Al die ligte gaan af en my kerse die ene laventel. Ek neem kennis van innerlike liefde en 'n gevoel wat niemand sal verstaan nie. Sal ons ooit die Liefde kan verstaan... Sal ons ooit ten volle weet waaroor die lewe gaan. Lande vol van mense en planete vol wonders, maar die dag toe jy my meisiekind gebore was het ek meer verstaan as van tevore. Ek wou nie meer weet hoe die sterre tot bestaan gekom het of hoe die natuur homself kan versorg nie. Ek wou jou net lief he, want dit was vir my meer as genoeg.

Jou soene en stywe hand drukkie het my kuis gemaak in 'n kamer van eensaamheid, die dag toe jy jou ogies oop gemaak het en diep in my oe in gestaar het, het ek getwyfel of jy weet wie ek is... maar vandag weet ek dat jy weet! Letters en woorde, name en simbole...steeds geen noemnaam vir ons meisiekind! Reenboots meisie of dalk ons eie kaalvoet nooi, maar vir nou is jy ons prinses met natuurlike skoonheid opgetooi.

Ek onthou jou dimpels as jy glimlag en jou diep oe wat jong stories met my wou deel. Dan luister ek, en al wat ek hoor is die taal van jou onbekende woorde, ag ek noem dit sommer jou kinder taal. Ek wou vele kere net lag vir jou besonderse soete stem, so suiwer kind en tale van ons gegeurde wind.


Friday, 6 March 2015

Woorde soos sand en dans soos die van die reen-


Sal jy in die wereld, net jouself bly!?

Dan dans ek weer sommer so in die middel van Stellenbosch se parkeer area en ek besef hoe besonders die hart van vriende is. Ek sien hoe God se grootheid deel uit maak van Victoria straat se grote bome en die natuur wat vriendelik groet net om te sê dat jy veilig moet wees. Die skadu van die menslikheid weerspieël die grootheid van God. Ek sien soveel meer in jou as afgerammelde woorde en sinnelose gesprekke.

Liewe Mens
Jou vandag is die rede vir God se glimlag. Ek slaap soms niks en dis nie omdat ek nie moeg is nie, dis net omdat ek te veel het om te sê. Nou praat ek met God en dan skryf ek ook soms. En dan, elke dag vang ek my sinne se einde en dan was dit nooit ek nie…
Die lig word helder en die werklikheid is nou deel van my stem. Sal dit nie net so mooi wees om deel te wees van woorde wat lei na ‘n Hemel, ‘n Huis wat gemaak is net vir jou nie... Sal jou hartklop my nie kan deel maak van dit wat jy voel nie? Soos my vingers op die verskeie letters druk en die woorde deel word van ‘n lee wit bladsy besef ek dat dit wat ek skryf niks te doen het met wie ek is nie, maar wie God my gemaak het. Jy sien, ons wil die fout gaan vind in die eenvoud van iemand en dan wil jy beter wees… Jy wil soms net huil en ander kere lag, maar jy wil self besluit wanneer is die regte tyd daarvoor. Dis die belangrikheid van jou koue woordelose woorde wat my diep laat dink en dan skrik ek wakker en ek weet, ek is tevrede. Maar wat as jy nie tevrede is nie, en as jy nie is nie, hoekom nie? Wat maak jou ongelukkig en as ek  kon sê dat ek wil luister, sal jy regtig praat…
Dan kyk ek af na die grond, ek sien sand, klippies en sommige glas stukkies dan besef ek ons lewe draai net rondom die glas stukkies, want ons sien so negatief. Ons persepsie van die lewe het ons verloor in ‘n ou plaasdam.
Ons wil skoon en vars water uit deel, maar ons vergeet om die water te filtreer en skoon te maak. Ek en jy is soms so haastig om net klaar te maak wat ons begin het, maar het ons dan ooit begin as ons so haastig moet eindig. Het tyd werklik so ‘n groot rol gespeel in die daaglikse soektog na geluk. Dan vra ek myself af: “As vandag my laaste dag was, sou ek tevrede wees…?”
My antwoord is oortuigend JA! Ek het vir jou ontmoet en dit het my dag gemaak. Ek het ‘n foto geneem saam met jou, ja jy wat die buurtwag is en tot 7h, die oggend, op aand diens is en dit was die hoogtepunt van my aand. Ek het gesit op ‘n sypaadjie, ek het selfies geneem saam met ‘n goeie vriend, roomys geëet, koffie gedrink en ek het gelag uit my maag uit vir woorde wat eg Stellenbosch is. Ek het geskryf op ‘n klip en van voor af lief geword vir woorde. 

So, as jy wonder en jou hart is nie oortuig van die lewe nie, dan wil ek he jy moet weet dat God met liefde na jou kyk en trots is op wie JY is. Hy is trots op jou taal wat jy praat en jou menswees wat altyd glimlag. My liewe mens, God is lief vir jou ten spyte van...
foreverstrong7770@gmail.com